DIE GEES VAN JALOESIE
Deur Arthur Burk met toestemming vertaal deur Annatjie Laurie
Om by die wortel van jaloesie te kom
Die gees van jaloesie is een van die mees misleidende en veelsydige demoniese magte waarmee ons te doen kan kry. Ek het hierdie demoon inderdaad vir meer as ‘n dekade teëgekom voor ek dit uiteindelik herken het. Dit was uiters nuttig om verby die uiterlike manifestasies tot by die wortel daarvan te kom.
Die leerkurwe het begin toe ‘n vriend van my ‘n oproep na Plumbline gemaak het en vir gebed ter ondersteuning van hulle bediening gevra het. My vriend is die hoof van ‘n Amerikaanse bediening wat die werk van ‘n bediening vanuit Israel onderskraag het. Die Israeli’s sou na Amerika kom en ‘n toer na twee-en-twintig verskillende stede doen om hulle visie te deel en fondse in te samel. Voor hulle by die eerste stad gekom het, het drie mense kort na mekaar hartaanvalle gekry. Al drie hierdie mense was verbonde óf aan die bediening óf aan die persone wat reëlings vir die toergroep getref het. Een slagoffer was byvoorbeeld die Los Angeles ko-ordineerder wat verwag het om ten minste vierhonderd mense byeen te bring om na die bediening van Israel te luister. Die leier se hartaanval en gevolglike onttrekking op die laaste minuut het tot gevolg gehad dat die Israeli’s met slegs omtrent ‘n dosyn mense in iemand se woonkamer ontmoet het, aangesien daar geen persoon was wat leiding kon neem na wie die leier die baton kon aangee nie. Dit was vir al die betrokkenes ‘n groot teleurstelling.
As u die res van die dokument wil lees, laai dit gerus hier af.