Ek sou aanvanklik net die boek vir my dogter saans voorlees, maar het sterk gevoel dat ek dit ook aan my ma wou voorlees. Ek het haar saans gebel en dit voorgelees. Haar kommentaar was: 'die lewe is weer vir my lekker'. Sy het ook ander positiewe ondervindings ervaar in haar verhouding tot my pa.
Ek het ervaar dat my dogter nog effens jonk is - sy is 10 jaar oud - die taal was vir my nie op haar vlak nie. Sy het dit egter ook geweldig positief ervaar. Ek het gevind dat sy heelwat makliker aan die slaap raak saans en rustiger is. In haar gees het sy baie positiewe belewings gehad en dit dan met my gedeel. Sy se sy kon voel hoe haar gees daarop reageer die oomblik as ek begin lees.
Van Bromhof (Augustus 2009)
Ek wil net vinnig getuig…..ek het gewoonlik “insomnia” – sukkel om te slaap. Party aande sal ek vir een uur slaap en dan wakker word, net na 1 soggens en dan sal ek Woord lees of bid of soms spiritual warfare doen….dan is daar aande wat ek glad nie kan slaap nie en soggens soos ‘n zombie voel…
Vandat ek die boek “BLESSING YOUR SPIRIT” elke dag lees …en my spirit begin bless het met “perfect peace” in timing of God in all things, and peace in my conversations with God, slaap ek regdeur die nag soos n baba…….(van dag 7 af) en ek weet dis omdat ek elke dag my spirit bless! Is dit nie net awesome nie? Ek is so dankbaar vir “deur slaap” – ek voel soos nuwe mens. Dis ’n amazing boek! EK wens net ek het van die goed geweet voor my kinders gebore was, man - die wêreld sou heeltemal anders gewees het en ek glo my kinders se toekoms ook.
Van: Kempton Park (15 Julie 2009)
Sedert ek hierdie boek, 'Seën jou gees' "gebruik" en die seëninge elke dag oor een van my kinders bid, het daar 'n merkbare verandering in hulle verhouding tot my gekom. God is besig om ou verwyte en seerplekke uit die weg te ruim, en daar is geen twyfel by my nie dat die seëning 'land'. En dit is nog maar die begin!
Van: Pretoria (25 Junie 2009)
Ek het 'n paar maande gelede die boek "Blessing your spirit". by 'n vriendin geleen om net deur te blaai. Ek kon net nie die boek teruggee nie en het haar gevra om asb. vir my die boek te bestel. My gees het saam met die boek getuig dat dié seëninge die hemel in beroering bring. Soos ek hardop die seëninge oor verskeie mense uitgespreek het, het selfs my man 'n opmerking gemaak oor ons seun wat so verander het. Dis 'n waardevolle en kragtige geskenk om jouself en ander mee te seën.
Die skrywers, Sylvia Gunter en Arthur Burk, het 'n Geesvervulde meesterstuk geskryf.
...
Seën jouself en ander met hierdie uitdagende boek.
Jesus liefde
Van: Centurion (25 Junie 2009)
Die mens bestaan uit gees, siel en liggaam. Ons versorg ons liggaam so mooi! Ons koester ons siel met liefde en alles wat mooi is maar dié deel wat die meeste verwaarloos word, is jou gees. Ek glo dis uit blote onkunde.
Die boek "Seën jou gees" het werklik 'n openbaring gebring van hoe ek my gees kan seën. Ek lees elke dag een van die seëninge en plaas my man, kinders en kleinkinders se name daarin. Daar het werklik net iets in die gees gebeur, selfs in my twee getroude kinders se huisgesinne.
Ons ervaar 'n rustigheid wat nie voorheen daar was nie. Al weet hulle nie eers dat ons dit doen nie, weet ons net dat ons weet dat ons weet dat elke seëning wat ons oor hulle bid volgens hierdie boek nie in die geesrealm verlore gaan nie en dat dit werklik 'n impak maak, want êrens is iemand besig om hul gees te seën. 'n Nuwe sagtheid word gesien in hulle lewens.
Van:
Ek word blootgestel aan Arthur Burk se "Nurture your Spirit". Nodeloos om te sê dat jy dan eers die "nurture" soek. "Blessing in the womb" volg.
Een oggend begin ek beskuit bak en al mengende vertel ek vir Vader hoe weemoedig ek is dat geen van my mense van al die "dinge" geweet het nie; en ek ook nie; en boonop nou my kleinkinders ook nie!!! Toe ek die deeg uit die mengbak in oondpan inkrap, val my oog op die suikerhouer langs my - nooit suiker bygesit nie! Met dieselfde beweging kantel ek die deeg terug in die mengbak; gooi suiker by; roer vir 'n vale en kantel die deeg terug in die pan. Terwyl die kantel aksie aan die gang is, hoor ek hier binne-in my - sien jy nou? Die suiker moes in die eerste fase bygevoeg word. Jy het dit nou in die laaste fase bygevoeg. Maar wanneer iemand hierdie beskuit eet, gaan hy die soet proe en nie weet in watter fase dit bygevoeg was nie!!!!?.
Watter vryspraak. Dankie Vader!
Van: Pretoria